Find it.Tour it.Trust it.









































House1 / 42Pick how you want to view this place
Schedule an in-person walkthrough or a live video call with the host. Both go through Liivra — your phone number stays private until the host confirms.
Kranspoort, Kranspoort, Middelburg, Mpumalanga
R 2 650 000
Hierdie lieflike woning omring deur groot bome en in 'n uiters gewilde area in Kranspoort gaan verseker beindruk met sy groot vensters wat lig en lug inlaat en die pragtige omgewing en bosveld na binne nooi. Die woning bied u 4 slaapkamers met 3 badkamers en 3 motorhuise, 'n groot oop leefvertrek met oop balke en 'n ruim kombuis met aparte opwas en 'n spens, 'n onthaalarea en stoep, 'm swembad en twee groot stoorkamers sowel as 'n plons swembad. Die huis is prakties in uitleg en tydloos in ontwerp. Die kamers is groot en die hoofslaapkamer se badkamer is toegerus met 'n bad, toilet, stort en wasbak. Daar is twee gastekamers op dieselfde vlak as die hoofslaapkamer, die kombuis, woonvertrekke, en hierdie gastekamers word bedien met 'n badkamer toegerus met stort, wasbak en toilet. Op die grondvlak is daar 'n 4de gastekamer met 'n en-suite badkamer met 'n stort, wasbak en toilet. Op grondvlak is daar dan ook twee groot stoorkamers wat omskep kan word in ekstra slaapkamers of gebruik kan word as stoorplek of selfs 'n ateljee of stokperdjie kamer en/of werkskamer. Gastekamers 2,3 en 4 het nie ingeboude kaste nie maar is toegerus met los klerekaste. Die onthaalarea stap uit op 'n stoep waar daar heerlik in die somer sowel as wintermaande gekuier kan word. Die erf is toegerus met 'n boorgat en daar is 'n besproeiing stelsel in plek. Die plons swembad gaan verseker lafenis bied in die warm somers maande. Die dubbel motorhuis is toegerus met 'n elektriese motor en daar is 'n addisionele enkel motorhuis met ekstra hoogte vir 'n karavaan of 'n groot voertuig asook werkskamer spasie. Kranspoort is gelee op die N11 tussen Middelburg en Groblersdal en 'n klipgooi van die gewilde Loskopdam en reservaat. Hier loop wild tussen die woonhuise rond en kan kinders met fietse in strate gaan ry of die bosveld omgewing verken sonder enige bekommernis. Kranspoort bied aan inwoners 4x4 roetes, staproetes, 'n 9 Putjie gholfbaan, Diskgolf, 'n klubhuis "Die Kombuis" waar etes bestel kan word, 'n Pro Shop, restaurante in die omgewing, 'n gemeenskapskerk, drankwinkel en Kudu Mini Market, stooreenhede, die Moot Restaurant oorkant die ingang van Kranspoort, asook die Damwal slaghuis, winkel, vulstasie en Mossienes kwekery. Kontak my gerus vir 'n afspraak om hierdie eiendom te besoek.
Estimated monthly repayment
R 25 025
on a R 2 385 000 bond over 20 years at 11.25%
Estimate only — actual rates depend on your credit profile + bank approval. Consult a bond originator for a formal quote.
Tell me your monthly income + any deposit — I'll estimate your bond, rates & levies for this home.
Get pre-approval from one of our bond partners.
Kranspoort, Kranspoort, Middelburg, Mpumalanga
Area view — the exact address is shared on enquiry.
Fair-value check
Good valuePriced 23% below comparable 4-bed houses for sale in Kranspoort
Based on 8 comparable listings
A market signal from comparable listings — not a formal valuation.
HouseR 2 650 000
Dullstroom
HouseR 2 825 000
Ben Fleur
HouseR 1 935 000
Ben Fleur
HouseR 2 600 000
Gholfsig
HouseR 2 100 000
Ermelo
HouseR 2 750 000
Reyno Ridge
HouseR 1 885 000
Evander
HouseR 2 200 000
Trichardt